dcsimg

Achelata ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Achelata (Stekelkrewe) is 'n infraorde wat behoort tot die orde Decapoda. 'n Kenmerk van dié infraorde is dat geeneen van hul bene oor knypers beskik nie. Die kop en toraks (nekarea) is vas aan mekaar en word bedek met 'n harde karapaks. Almal het twee stelle antennas, waarvan een paar buitegewoon lank en vergroot aan die basis is. Die pens- en stertarea is breed en eindig in 'n goed ontwikkelde waaier. Achelata's het vyf pare bene om mee te loop, en wanneer hulle bedreig voel swem hulle agteruit deur die stert op te rol en weer af te rol. Potensiële aanvallers word afgeweer deur 'n basagtige klank wat die dier opwek deur die antennas teen die lyf te vryf. Die wyfie dra die eiers onder haar lyf.

In Suidelike Afrika word in Engels na die groep verwys as Crayfish terwyl die res van die wêreld dit Spiny lobsters noem.

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa, deur Dennis King & Valda Fraser, Struik Nature, 2014. ISBN 978-1-77584-018-3
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Achelata: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Achelata (Stekelkrewe) is 'n infraorde wat behoort tot die orde Decapoda. 'n Kenmerk van dié infraorde is dat geeneen van hul bene oor knypers beskik nie. Die kop en toraks (nekarea) is vas aan mekaar en word bedek met 'n harde karapaks. Almal het twee stelle antennas, waarvan een paar buitegewoon lank en vergroot aan die basis is. Die pens- en stertarea is breed en eindig in 'n goed ontwikkelde waaier. Achelata's het vyf pare bene om mee te loop, en wanneer hulle bedreig voel swem hulle agteruit deur die stert op te rol en weer af te rol. Potensiële aanvallers word afgeweer deur 'n basagtige klank wat die dier opwek deur die antennas teen die lyf te vryf. Die wyfie dra die eiers onder haar lyf.

In Suidelike Afrika word in Engels na die groep verwys as Crayfish terwyl die res van die wêreld dit Spiny lobsters noem.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Amfibieë ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Amfibieë, of Amphibia, is 'n klas van die superklas Tetrapoda. Hulle het vier pote en word uit eiers gebore. Hulle woon in water wanneer hulle klein is en kan aan land gaan wanneer hulle ouer is. Paddas, salamanders en wurmsalamanders is die drie hoofgroepe amfibieë.

Amfibieë word sonder bene gebore - hulle groei dit aan terwyl hulle klein is. Wanneer hulle grootword, verander hulle van vorm. Hierdie proses staan as metamorfose bekend. Die diere verloor later hul kieue en sterte, en groei agterbene aan. Klein paddas en salamanders word paddavisse genoem. Hierdie diere lê tot duisend eiers, gewoonlik in water of op klam plekke. Hulle vreet ander diere, veral insekte.

Daar is tans omtrent 5 700 spesies.

Geskiedenis

Die vroegste Tetrapoda verskyn in die laat Devoon. 'n Bekende verteenwoordiger is Ichtyostega uit Groenland, ongeveer 363 miljoen jaar oud. 'n Bietjie ouer is Elginerpeton uit Skotland van 368 miljoen jaar gelede. In die Devoon en Karboon word daar 'n groot verskeidenheid fossiele vorme aangetref, maar fossiele van die moderne paddas en salamanders verskyn eers in die Jura. Die verwantskap met die ouer vorme soos die Temnospondyli en Lepospondyli is nie bekend nie.[1]

Die moderne amfibieë word gewoonlik die Lissamphibia genoem, hoewel dit moontlik is dat hierdie groep nie monofileties is nie. Op grond van genetiese en morfologiese inligtings kan die volgende kladogram saamgestel word.[2]

Tetrapoda

Amniota

Lissamphibia Stegokrotaphia

Wurmsalamanders

Batrachia Urodela

Salamandridae

Cryptobranchoidea

Bombinanura Archaeobatrachia

Bombina, Xenopus

Neobatrachia

Hoër paddas: Bufo, Rana

Die tye waarop die aftakkings plaasgevind het, verskil egter tussen metodes. Die tak wat na die wurmsalamanders lei (Stegokrotaphia en Batrachia), is dalk oud. Die morfologiese metode plaas dit die laat Perm (~260 miljoen jaar gelede) en die genetiese metode in die Karboon (~337 miljoen jaar gelede). Die salamander/padda -aftakking (Urodela en Bombinanura) is 'n bietjie jonger (254 of 308 miljoen jaar gelede).

Taksonomie

  • Klas Amphibia
    • Orde Anura (paddas)
    • Orde Caudata (salamanders)
    • Orde Gymnophiona (wurmsalamanders)

Verwysings

  1. UCMP Berkeley.
  2. Fossils, Molecules, Divergence Times, and the Origin of Lissamphibians David Marjanović, Michel Laurin, Systematic Biology 56(3) 2007, bls. 369-388

Eksterne skakels

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Amfibieë: Brief Summary ( Afrikaans )