Sprietui is die Afrikaanse benaming vir Allium schoenoprasum, die kleinste spesie van die eetbare uie. [1]
Dit is 'n gewilde, eetbare meerjarige plant en kom wydverspreid in die natuur voor in groot dele van Europa, Asië en Noord-Amerika. [2] A. schoenoprasum is die enigste uispesie wat inheems is aan beide die Ou- en Nuwe wêreld.
Die wetenskaplike naam van die spesie is afgelei van die Griekse skhoínos (riete) en práson (leek). [3] Die Engelse naam chive is afgelei van die Franse woord cive en van cepa, die Latynse woord vir uie. [4]
Sprietuie is 'n algemeen-gebruikte plant en kan in kruidenierswinkels gekoop word of in tuine gekweek word. In kookkuns word die lowwe en die onoopgemaakte, onvolwasse blomknoppe in blokkies gekerf en gebruik as 'n bestanddeel vir visgeregte, aartappeldisse, sop en ander geregte. Sprietuie het insekwerende eienskappe wat gebruik kan word om peste in tuine te help beheer. [5]
Rou sprietui|first=
(help)