dcsimg

Baktriese kameel ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Baktriese kameel (Camelus bactrianus) is 'n groot gelyktonige hoefdier, inheems aan die steppe van Oos-Asië. Byna al die geskatte 1,4 miljoen Baktriese kamele wat vandag leef is makgemaakte diere, maar daar is steeds 'n beraamde 950 wilde Baktriese kamele in Noordwes-China en Mongolië. Hierdie diere is in Oktober 2002 op die lys van kritiek bedreigde spesies geplaas.[1]

Voorkoms en habitat

Baktriese kamele is meer as 2 meter hoog by die boggels en weeg meer as 725 kg. Hulle is herbivore wat gras, blare en graan vreet en in staat is om tot 120 liter water op 'n slag te kan drink. Hulle het 'n uiters taai bek wat hulle in staat stel om doring-agtige woestynplante te vreet.

Hulle is uitstekend toegerus om hulleself te beskerm teen die woestynhitte en sand, met wye, gekussingde voetsole en leeragtige gekussingde kneë en bors, neusgate wat oop en toe kan maak, ore wat uitgevoer is met beskermende hare en ruie oogwimpers met twee rye ooghare. 'n Dik pels en wol hou die dier warm gedurende die koue woestynnagte en dien as insulasie gedurende die daaglikse hitte.

Die dromedariskameel (Camelus dromedarius) is die enigste ander kameelspesie inheems aan die Saharawoestyn, maar wat vandag uitgestorwe is in die natuur. In vergelyking is die Baktriese kameel 'n bonkiger en 'n meer geharde dier, wat in staat is om van die skroeiende hitte van Noord-Iran tot die vriesende winters van Tibet te kan oorleef.[2] Die dromedaris is groter en vinniger, en met 'n ruiter kan dit vir baie ure 'n spoed van 12 tot 15 km/uur handhaaf, in vergelyking met die 2,5 km/uur van die Baktriese kameel.

Geskiedenis

Daar word vermoed dat die Baktriese kameel, onafhanklik van die Dromedaris, ongeveer 2500 v.C. moontlik in Noord-Iran of Suid-Wes Turkestan makgemaak is, en dat die Dromedaris ongeveer 4000 v.C. in Arabië makgemaak is.

Galery

Verwysings

  1. Die IUCN se rooilys van bedreigde spesies: Camelus bactrianus, deur J. Hare, 2002. In: IUCN 2006. Laaste besoek 12 April, 2007.
  2. Creature feature:Camels op die webwerf van die Australiese Uitsaai Korporasie

Eksterne skakels


Kameelagtiges Afro-Asiatiese Kameelagtiges: Baktriese Kameel - Dromedaris Suid-Amerikaanse Kameelagtiges: Alpakka - Guanaco - Llama - Vicuña
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Baktriese kameel: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Baktriese kameel (Camelus bactrianus) is 'n groot gelyktonige hoefdier, inheems aan die steppe van Oos-Asië. Byna al die geskatte 1,4 miljoen Baktriese kamele wat vandag leef is makgemaakte diere, maar daar is steeds 'n beraamde 950 wilde Baktriese kamele in Noordwes-China en Mongolië. Hierdie diere is in Oktober 2002 op die lys van kritiek bedreigde spesies geplaas.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF