Die perske, (Prunus persica), is 'n bladwisselende boom, 'n plant inheems aan China en Suid-Asië, waar dit eerste verbou is. Dit dra die sappige, eetbare vrug wat ook 'n perske genoem word.
Die spesie se naam persica verwys na die wydverspreide verbouing in Persië, waarvan dit oorgeplant is na Europa. Dit behoort tot die genus Prunus wat ook die kersie en pruim insluit, in die familie Rosaceae.
Die perske word saam met die amandel geklassifiseer in die subgenus Amygdalus, onderskei van die ander subgenera deur hulle geriffelde saadomhulsel.
Top tien perskeproduserende lande gedurende 2013 Land Produksie (in ton) China 11 900 000 Italië 1 436 753 Spanje 1 336 362 VSA 1 006 610 Griekeland 700 200 Turkye 545 902 Iran 498 346 Chili 319 919 Frankryk 301 770 Argentinië 284 970 Brasilië 222 180 Wêreld 21 610 180 Bron: FAOstat