dcsimg

Hoephoep ( Afrikaans )

wikipedia AF tarafından sağlandı

Die hoep-hoep is lid van die voëlfamilie Upupidae en kom wydverspreid in die warmer dele van veral die Ou Wêreld voor. Hulle is merendeels kleurryk en veral die lede van die subfamilie Upupinae is maklik herkenbaar aan hul kuiwe. Die ander subfamilie, Phoeniculinae, het geen kuiwe nie, maar hul veredos is donkerder en glansender.

Die hoep-hoep is lawaaierig en het sy volksnaam aan sy roepgeluid te danke, Die voëls eet veral insekte; hul nesgewoontes is ietwat vreemd vir insekte-eters. Die verskillende subfamilies, genera en spesies van die Upupidae verskil slegs in geringe mate wat bou, grootte en kleur betref en hulle is meestal duidelik herkenbaar as hoep-hoepe. Selfs in die geval van die subfamilie Phoeniculinae, waar die voëls geen kuiwe het nie, is die bou, die snawel, die tone en die kleur van die voëls nog baie kenmerkend vir die Upupidae.

In Europa, waar hulle byna oral voorkom, behalwe in Skandinawië, Finland en Groot-Brittanje, is hulle gewoonlik trekvoëls. Die hoephoepe wat in Europa broei, soos byvoorbeeld die Upupaepops, migreer elke September om in Noord-Afrika en die tropiese dele van Afrika te oorwinter en keer in April terug na hul broeigebied in die Noorde.

Hoep-hoepe kom ook dwarsoor Asië tot by die Stille Oseaan voor. In hierdie streke is hulle ook net somerbesoekers, want hulle oorwinter in Afrika en in Suid-Asië. Oor die hele Afrika, behalwe in die woestyn, die hoe bergland en die woude, word broeikolonies van hoep-hoepe aangetref. Hulle is ook trekvoëls, soos byvoorbeeld die Upupa epops senegalensis, wat in die noordelike tropiese gebiede van Afrika voorkom en in 'n noordelike en suidelike rigting oor die savannes trek in dieselfde tyd wanneer die Europese hoep-hoepe migreer.

Sommige hoep-hoepe van Afrika is nie gereelde trekvoëls nie. Hulle is egter rustelose voëls en verdwyn soms vir jare of maande uit ʼn gebied. Hoep-hoepe word soms ook op grond van hul voedingsgewoontes in 2 groepe verdeel: die wat hul kos op die grond soek en die wat hul kos in bome soek. Albei groepe het die kenmerkende geboe, lang, dun snawels waarmee hulle kos uit gate, nou splete en krake en selfs uit die grond kan vroetel. Hoep-hoepe eet insekte, larwes, spinnekoppe, wurms, kewers en so nou en dan akkedisse, slange en paddas. Die kakelaar (Phoeniculus purpureus), 'n kuiflose hoep-hoep wat sy kos in bome soek, eet veral kewers, duisendpote, termiete, miere en sprinkane.

Die kakelaar word van Knysna ooswaarts tot by Ethiopië en oor die hele Senegal aangetref, en in Gauteng weswaarts tot by Damaraland en Angola. Alle hoep-hoepe maak nes in ʼn gat of holte wat deur die natuur gevorm is; hulle grawe die gate nie self nie. Hulle neste word dus in holtes in die grond aangetref, tussen klippe of in gate in grandwalle, hol boomstamme, termiet hope en selfs in gate in die mure en in solders van ou plaasgeboue.

Die neste word gewoonlik glad nie uitgevoer nie. Net die gewone hoephoep (Upupa africana), wat van Kaapstad tot Zaïre en in Ethiopië voorkom, voer soms sy nes met ʼn bietjie gras uit. Tussen 4 en 7 eiers word in die nes gelê. Hulle is aanvanklik ligblou, maar word met verloop van tyd olyfbruin. Net die wyfie broei. Die lengte van die verskillende spesies se broeityd verskil soms met enkele dae. Gedurende die broeityd word die wyfie deur die mannetjie gevoed en gewoonlik ook nog die eerste week nadat die eiers uitgebroei het. Omdat die wyfie dadelik na die lê van die eerste eier begin broei, kom die eiers nie tegelyk uit nie. Die nes word in geen stadium, soos by die meeste ander insekte-etende voëls die geval is, skoongemaak nie. Selfs nie eens die eierdoppe word uitgeskop nie. Die nes word baie vuil en selfs die kleintjies en hul ouers begin met verloop van tyd sleg ruik.

Die kleintjies bly, afhangende van die spesies, van 24 tot 32 dae in die nes. Na die eerste 7 dae word hulle deur albei ouers gevoed. In sommige gevalle word hulle ook deur ander hoep-hoepe, waarskynlik ouer broers en susters uit ʼn vorige broeisel, gevoed. Hoephoepe sal soms 2 tot 3 keer ʼn seisoen broei. Om 'n nes vol kleintjies groot te maak, lei in sommige gevalle tot eienaardige voedingspatrone. In die geval van die Upupa epops voer die ouers die kleintjies op die volgende manier: een kleintjie wag by die ingang van die nes op die ouers.

Sodra hy sy happie gekry het. Druk die kleintjie agter hom vorentoe, en so hou dit aan. Elke kleintjie wat sy happie gekry het, gaan staan agter in die ry en wag sy beurt af. In Suider-Afrika word veral 3 hoep-hoepspesies aangetref. Die gewone hoep-hoep (Upupa africana) het 'n lang, swart, gepunte kuif wat na willekeur gelig en laat sak kan word. Die res van die kuifvere is rooibruin, asook die mantel en die eerste deel van die rug. Verder het hierdie voel 'n aantal swart, wit en dofgeel dwarsstrepe. Van sy onderkeel tot by sy pens is hy rooierig.

Sy oë is bruin, sy snawel swartbruin en sy pote grys. Die mannetjie en die wyfie lyk eenders, maar die kleure van die wyfie is nie heeltemal so helder nie. Hulle is nie ware trekvoëls nie, maar verdwyn soms heeltemal uit sekere gebiede. Hulle hou van die oop savannes en verkies die dele met kort gras. Hulle voorkeur vir kort gras het hulle selfs na private grasperke gelok. Hulle kom oor die hele Suider-Afrika voor. Die rooibekkakelaar (Phoeniculus purpureus) en die swartbekkakelaar (Rhinopomastus cyanomelas) is albei hoep-hoepe wat hul kos in bome soek en dus selde soos die gewone hoep-hoep op die grond gesien word. Hulle het ook nie kuiwe soos die gewone hoep-hoep nie.

Die swartbekkakelaar se snawel is langer en dunner en dieper geboe as die van die rooibekkakelaar. Hulle kan maklik onderskei word omdat die rooibekkakelaar se snawel en pote helderrooi en die swartbekkakelaar se snawel en pote swart is. Die rooibekkakelaar, wat in die noordelike dele van Suider-Afrika en soms in die suidoostelike kusgebiede aangetref word, kom dikwels in groot groepe voor.

Hulle sit dan saam in die takke en swaai, buig hul lywe heen en weer en kekkel saam in 'n koor. Die swartbekkakelaar, wat oral in die noordelike helfte van suidelike Afrika en selfs in taamlik dorre streke aangetref word, word gewoonlik alleen of in pare gesien. Hulle het die eienaardige gewoonte om dikwels onderstebo aan takke te hang op soek na kos.

 src=
Upupa epops se eiers

Identifikasie

Kop, rug en onderdele helder roesbruin kleur (mannetjie) en wyfie bietjie dowwer roesbruin kleur. Stert hoofsaaklik swart, wit by basis.

Habitat

Savanne, oop bosveld, tuine en parke. In droër streke beperk tot rivieroewerbos.

Verspreiding

Kom voor in hele suidelike Afrika.

Geluid

Dromerige hoep hoep 'n paar keer herhaal.

Ander name

  • Engels: African Hoopoe
  • Duits: Wiedehopf
  • Wetenskaplike naam: Upupa africana

Sien ook

Bronnelys

Verwysings

  1. BirdLife International (2012). Upupa epops. In: IUCN 2012. IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.2.
lisans
cc-by-sa-3.0
telif hakkı
Wikipedia skrywers en redakteurs
orijinal
kaynağı ziyaret et
ortak site
wikipedia AF

Hoephoep: Brief Summary ( Afrikaans )

 src= Upupa epops se eiers
lisans
cc-by-sa-3.0
telif hakkı
Wikipedia skrywers en redakteurs
orijinal
kaynağı ziyaret et
ortak site
wikipedia AF