dcsimg

Weerhaan-varkvis ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF

Die Weerhaan-varkvis (Bodianus axillaris) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Turncoat hogfish.

Voorkoms en geslag

Die vis het 'n sylyn en die hele lyf is bedek met skubbe. Die vis is 'n afwisselende hermafrodiet en is eers 'n wyfie en kan verander na 'n mannetjie indien dit so verlang word. Die onvolwasse vis is bruin en kry later nege wit vlekke by. Indien die wyfie na die mannetjie moet verander word die kleur van die vis rooi-bruin en wit in die agterlyf vanaf die stam van die dorsalevin tot onder by die pens. Die vis word 20 cm groot.

Habitat

Die vis leef in koraal- en rotsriwwe in water wat 10 – 50 m diep is. Die volwasse visse is alleenswemmers. Die onvolwasse visse vreet dikwels parasiete van ander visse af. Die vis vreet hoofsaaklik klein skaaldiere, gastropodes, tweekleppiges en wurms en kan oorleef in 'n akwarium.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakel

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
licença
cc-by-sa-3.0
direitos autorais
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visite a fonte
site do parceiro
wikipedia AF

Weerhaan-varkvis: Brief Summary ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF

Die Weerhaan-varkvis (Bodianus axillaris) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Turncoat hogfish.

licença
cc-by-sa-3.0
direitos autorais
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visite a fonte
site do parceiro
wikipedia AF