dcsimg

Tierhaai ( Afrikaans )

fornì da wikipedia AF

 src=
'n Tierhaai wat in 1966 in Oahu, Hawaii gevang is.

Die tierhaai (Galeocerdo cuvier) is 'n groot haaispesie wat vanaf Valsbaai tot by Mosambiek aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom. Dit is een van die min haaie wat gevaarlik is vir mense. In Engels staan die haai bekend as die Tiger shark.

Die volwasse haaie het donkerder, vertikale strepe oor die rug. Hulle het 'n knipvlies ('n membraan wat oor die oë kan beweeg), twee rugvinne, 'n buikvin en vyf kieusplete. Die tierhaai het ook 'n opvallende kort en stomp snoet. Die haai word tot 5,5 m lank en 900 kg swaar. Uitskieters kan nog groter en swaarder word, maar dit is uiters skaars.

Die tierhaai behoort aan die familie Carcharhinidae en is die enigste spesie in die genus Galeocerdo.

Dié haai is 'n gewilde toeriste-aantreklikheid vir skubaduikers by die Aliwal-bank.

Fotogalery

Sien ook

Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Galeocerdo cuvier

Bronne

Verwysings

Eksterne skakel

licensa
cc-by-sa-3.0
drit d'autor
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visité la sorgiss
sit compagn
wikipedia AF

Tierhaai: Brief Summary ( Afrikaans )

fornì da wikipedia AF
 src= 'n Tierhaai wat in 1966 in Oahu, Hawaii gevang is.