dcsimg

Eland ( Afrikaans )

fornì da wikipedia AF

Die eland (Taurotragus oryx), ook Kaapse eland genoem, is 'n wildsbok wat op grasvlaktes in Oos- en Suider-Afrika aangetref word.

 src=

Die eland se skouerhoogte is ongeveer 2 m en hulle weeg van 300 tot 1 000 kg. Elandbulle is gewoonlik donkerbruin of grys, terwyl elandkoeie bruin of ligbruin is. Elande het dikwels ook 'n wit streep vertikaal oor die lyf aan albei kante. Beide die bul en koei het reguit horings wat ongeveer 65 cm lank kan wees. Die koei se horings is gewoonlik langer, maar dunner. 'n Enkele kalf word ná 'n draagtyd van nege maande gebore.

Elande vreet gras, takkies en blare. Hulle leef gewoonlik in troppe van 30 tot 80, maar groter troppe van by die 400 is al aangetref. Ten spyte van hul grootte, kan 'n eland maklik oor 'n heining van 1,5 m spring sonder 'n aanloop.

Elande kan hulself goed verdedig teen roofdiere en is selfs in staat om 'n leeu dood te maak. Dit is waarskynlik die rede waarom hulle deur die geskiedenis 'n mistieke of spirituele eienskap verkry het. Hulle is algemeen in rotskuns uitgebeeld, wat aandui dat hulle beskou is as diere met 'n sterk verbintenis tot 'n ander wêreld. Elandvet is vir die teken van rotskuns gebruik en ook om medisyne mee te maak.

Die vroeëre reisigers na die Kaap het geglo die eland en die eenhoring is verwant, waarskynlik omdat sommige reisigers aangeteken het dat eenhoring-elande in die Kaap voorkom. Daar is ook die geval van 'n horing in die McLeod-kasteel in Skotland wat as die horing van 'n eenhoring bewaar is, maar later geïdentifiseer is as die horing van 'n eland.

Sien ook

Verwysings

  1. Mallon, D.P. & Hoffmann, M. (2008). Tragelaphus oryx. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 6 Februarie 2009.

Eksterne skakels

licensa
cc-by-sa-3.0
drit d'autor
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visité la sorgiss
sit compagn
wikipedia AF

Eland: Brief Summary ( Afrikaans )

fornì da wikipedia AF

Die eland (Taurotragus oryx), ook Kaapse eland genoem, is 'n wildsbok wat op grasvlaktes in Oos- en Suider-Afrika aangetref word.

 src= Eland by Nasionale Etoshawildtuin, Namibië.  src= Elande wei in die De Hoop-natuurreservaat, Suid-Afrika.