dcsimg

Rob ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Robbe (Phocidae), ook Oorlose Robbe of Seehonde genoem, is 'n familie van soogdiere wat in die see lewe. Die familie ressorteer onder die orde van roofdiere (Carnivora).

Die ware robbe (Phocidae) word onderskei van die oorrobbe (Otariidae) deurdat hulle geen uitwendige oorskulpe het nie en deur hul onvermoë om hul agter-ledemate vir beweging op die land te gebruik.

Daar is 'n hele aantal soorte, waarvan die meeste in die koue gematigde seë en in die Arktiese en die Antarktiese gebied aangetref word. In Suid-Afrikaanse waters word hierdie groep verteenwoordig deur die suidelike see-olifant (Mirounga leonina) en die luiperdrob (Hydrurga leptonyx). Hulle is nie juis volop aan hierdie kus nie, want hul eintlike tuiste is die Antarktiese en sub-Antarktiese gebied.

Die meeste van die ware robbe is kuddediere, maar die luiperdrob, wie se dieet hoofsaaklik uit pikkewyne bestaan, en die uiters seldsame Rosssee-rob word nêrens in groot getalle aangetref nie. Anders as die ander Vinvoetiges of Seeroofdiere (voorheen van die suborde Pinnipedia) is die ware robbe, uitgesonderd die see-olifant en die grys rob, nie veelwywig nie.

Sien ook

Bronnelys

Eksterne skakels

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Rob: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Robbe (Phocidae), ook Oorlose Robbe of Seehonde genoem, is 'n familie van soogdiere wat in die see lewe. Die familie ressorteer onder die orde van roofdiere (Carnivora).

Die ware robbe (Phocidae) word onderskei van die oorrobbe (Otariidae) deurdat hulle geen uitwendige oorskulpe het nie en deur hul onvermoë om hul agter-ledemate vir beweging op die land te gebruik.

Daar is 'n hele aantal soorte, waarvan die meeste in die koue gematigde seë en in die Arktiese en die Antarktiese gebied aangetref word. In Suid-Afrikaanse waters word hierdie groep verteenwoordig deur die suidelike see-olifant (Mirounga leonina) en die luiperdrob (Hydrurga leptonyx). Hulle is nie juis volop aan hierdie kus nie, want hul eintlike tuiste is die Antarktiese en sub-Antarktiese gebied.

Die meeste van die ware robbe is kuddediere, maar die luiperdrob, wie se dieet hoofsaaklik uit pikkewyne bestaan, en die uiters seldsame Rosssee-rob word nêrens in groot getalle aangetref nie. Anders as die ander Vinvoetiges of Seeroofdiere (voorheen van die suborde Pinnipedia) is die ware robbe, uitgesonderd die see-olifant en die grys rob, nie veelwywig nie.

 src=

Phocidae resies!

 src=

Vergelyking tussen Otariidae en Phocidae

 src=

Bejaarde Phocidae

 src=

Phocidae - Parc Zoologique in Parys

 src=

Baba Weddellrob

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF