dcsimg

Komyn ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
Heel en gemaalde komynsaad

Komyn (Cuminum cyminum) is 'n eenjarige kruidagtige plant, inheems in die Oostelike Middellandse Seegebied tot in Indië. Die sade (elkeen vervat in 'n vrug wat gedroog word) word as spesery gebruik in verskillende kulture se kookkuns, beide in heel- en gemaalde vorm.

Beskrywing

Komynsaad is die gedroogde saad van die plant Cuminum cyminum, 'n lid van die Umbelliferae (pietersielie) familie. Die komynplant groei van 30-50 cm hoog en saad word met die hand geoes. Die skraal, kaal, vertakte stingel wat 20-30 cm lank word het 'n deursnee van 3-5 cm.[2] Elke tak het 2-3 sytakke, en al die takke bereik dieselfde hoogte, dus het die plant 'n eenvormige kapsel.[2] Die stam is grys gekleur of donkergroen. Die blare is 5-10 cm lank, dubbelgeveerde, met draad-agtige pamflette. Die blomme is klein, wit of pienk, en word in skerms gedra. Elke blomskerm het vyf tot sewe nawels[2] Die vrug is langwerpig of eiervormig en 4-5 mm lank, met twee deelvruggies[3] en 'n enkele saadjie.[2] Komynsaad het agt rante met oliekanale.[2] Hulle lyk soos karwysaad, synde langwerpig gevorm, in die lengte geriffel, en geelbruin van kleur, soos ook ander lede van die Umbelliferae familie bv. karwy, pietersielie en dille.

Verwysings

  1. "Cuminum cyminum information from NPGS/GRIN". www.ars-grin.gov. Besoek op 2008-03-13.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 (en) E. V. Divakara Sastry, Muthuswamy Anandaraj (2011). ""Cumin, Fennel and Fenugreek"" (PDF). Encyclopedia of Life Support Systems (EOLSS). Besoek op 29 November 2013.
  3. (en) "mericarps": Bosman, van der Merwe en Hiemstra. Tweetalige Woordeboek, Vyfde uitgawe, 1964
Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. Kruie Speserye
AnysBorrieBrandrissie (Cayennepeper) • Dille & dillesaadFenegriekGaram masalaGemmerJenewerbessieKaneelKanferKardamomKarwysaadKerrieKnoffelKomynKoljandersaadMosterdNaeltjiesNeutmuskaatPapawersaadPaprikaPeperwortelPomegranaatSaffraanSassafrasSelderysaadSesamSitrusskilSoethoutSteranysSwartpeperTamarindeVanieljeVinkelWasabiWildeknoffel † • WitpeperWonderpeper
  • † = volledigheidshalwe ingesluit by die lys.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Komyn: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= Heel en gemaalde komynsaad

Komyn (Cuminum cyminum) is 'n eenjarige kruidagtige plant, inheems in die Oostelike Middellandse Seegebied tot in Indië. Die sade (elkeen vervat in 'n vrug wat gedroog word) word as spesery gebruik in verskillende kulture se kookkuns, beide in heel- en gemaalde vorm.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF