dcsimg

Asteraceae ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Asteraceae - ook bekend as Compositae - is die madeliefie- en distelfamilie wat behoort tot die orde Asterales. Dit is een van die grootste plantfamilies en kom wêreldwyd voor. Byna een tiende van alle blomdraende plantspesies behoort tot die familie. Wêreldwyd hoort 23 000 spesies tot die familie waarvan 2 400 in Suider-Afrika voorkom en daarvan is slegs 22 bome. Die plante maak 'n groot gedeelte uit van die lae struikgewas plantegroei van die Karoo en is ook verantwoordelik vir die blommeskouspel in Namakwaland. Baie onkruide soos die knapsekêrel, distel en senecio-spesies is deel van die familie.

Die blomme van die plante kan in twee soorte getipeer word: madeliefietipe of disteltipe. Die madeliefietipe het kleurvolle, kroonagtige lintblomme terwyl die disteltipe meer buisvormig is, minder blomme het en tot 'n groot mate sonder die kleurvolle kroonblare is. Al die plante het enkelvoudige blare wat meestal afwisselend gerangskik word.

Boomspesies

Plantspesies

Sien ook

Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Asteraceae

Bronne

Verwysings

  1. Scott, L. (2006). “Early history of Cainozoic Asteraceae along the Southern African west coast”. Review of Palaeobotany and Palynology 142: 47. doi:10.1016/j.revpalbo.2006.07.010.
  2. Germplasm Resources Information Network (GRIN). "Family: Asteraceae Bercht. & J. Presl, nom. cons". Taxonomy for Plants. United States Department of Agriculture, Agricultural Research Service, National Genetic Resources Program, National Germplasm Resources Laboratory, Beltsville, Maryland. Besoek op 2008-06-12.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Asteraceae: Brief Summary ( Afrikaans )