Archaea is ’n domein van eensellige mikroörganismes. Dié mikrobes is prokariote, wat beteken hulle het geen selkern of enige ander organelle in hul selle wat deur ’n membraan omsluit word nie.
Archaea is aanvanklik as bakterieë geklassifiseer en het die naam Archaebacteria (in die koninkryk Monera) gekry, maar dié klassifikasie is verouderd.[1] Hul selle het unieke eienskappe wat hulle skei van die ander twee domeins van lewe: Bacteria en Eukaryota. Archaea word verder verdeel in vier filums.
Archaea is eers beskou as ekstremofiele wat in uiters ongunstige toestande soos warmwaterbronne en soutmere voorkom, maar hulle is sedertdien ontdek in ’n groot verskeidenheid habitats, onder meer in die menslike kolon en naeltjie.[2]
Hulle is veral talryk in die oseane, en die archaea in plankton kan een van die grootste groepe organismes op die planeet wees. Archaea is ’n belangrike deel van lewe op Aarde en kan ’n rol speel in beide die koolstof- en stikstofsiklus.
Archaea is ’n domein van eensellige mikroörganismes. Dié mikrobes is prokariote, wat beteken hulle het geen selkern of enige ander organelle in hul selle wat deur ’n membraan omsluit word nie.
Archaea is aanvanklik as bakterieë geklassifiseer en het die naam Archaebacteria (in die koninkryk Monera) gekry, maar dié klassifikasie is verouderd. Hul selle het unieke eienskappe wat hulle skei van die ander twee domeins van lewe: Bacteria en Eukaryota. Archaea word verder verdeel in vier filums.
Archaea is eers beskou as ekstremofiele wat in uiters ongunstige toestande soos warmwaterbronne en soutmere voorkom, maar hulle is sedertdien ontdek in ’n groot verskeidenheid habitats, onder meer in die menslike kolon en naeltjie.