Die gespikkelde bosslang (Philothamnus semivariegatus) is 'n slang wat voorkom in die oostelike gedeeltes van Suid-Afrika. Die reptiel word 60 tot 90 cm lank en leef in bome, struike en bosse. Die slang het nie giftande nie en is onskadelik vir die mens.
Die slang leef in bome, is skraal met 'n kleur wat wissel van olyfgroen tot smaraggroen, met swart kolletjies en dwarsstrepe. Die slang is daglewend en vreet geitjies, verkleurmannetjies en boompaddas.

'n Gespikkelde bosslang in die Samburu Nasionale Reservaat, Kenia Kop en oë