dcsimg

Fittonia ( الأفريكانية )

المقدمة من wikipedia AF

Fittonia is ’n genus blomplante in die familie Acanthaceae, wat inheems is aan tropiese reënwoude in Suid-Amerika, veral Peru.[1] Vyftien spesies word tans aangetref, maar veral F. albivensis, F. argyroneura en F. verschaffeltii is bekend.

Eienskappe

Hulle is immergroen, meerjarige plante wat uitsprei en sowat 10 tot 15 cm hoog word. Die groen blare het anderskleurige are, veral wit en donkerpienk, en die stingels is harig. Die blomme is klein en wit tot naaswit. Die plante aard veral op vogtige plekke met matige sonlig en temperature bo 13 ºC. Hulle word dus in gematigde streke as huisplante gebruik. Hulle kan ook in kweekhuise gegroei en net vir kort rukke in die huis gehou word. Omdat dit uitsprei, kan dit ook as ’n dekplant gebruik word.

Probleme

Omdat die plant ’n vogtige omgewing nodig het, droog dit maklik uit; die blare sal dan opkrul. Plantluise kan voorkom.[2]

Sommige spesies

  • Fittonia albivenis (Lindl. ex hort. Veitch) Brummitt[3]
  • Fittonia argyroneura Coem.[3]
  • Fittonia verschaffeltii (Lem.) Van Houtte[3]

Verwysings

  1. RHS A-Z encyclopedia of garden plants. United Kingdom: Dorling Kindersley. 2008. p. 1136. ISBN 1-4053-3296-4.
  2. Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0
  3. 3,0 3,1 3,2 "Fittonia information from NPGS/GRIN". www.ars-grin.gov. Besoek op 2008-02-25.

Eksterne skakels

ترخيص
cc-by-sa-3.0
حقوق النشر
Wikipedia skrywers en redakteurs
النص الأصلي
زيارة المصدر
موقع الشريك
wikipedia AF

Fittonia: Brief Summary ( الأفريكانية )

المقدمة من wikipedia AF

Fittonia is ’n genus blomplante in die familie Acanthaceae, wat inheems is aan tropiese reënwoude in Suid-Amerika, veral Peru. Vyftien spesies word tans aangetref, maar veral F. albivensis, F. argyroneura en F. verschaffeltii is bekend.

ترخيص
cc-by-sa-3.0
حقوق النشر
Wikipedia skrywers en redakteurs
النص الأصلي
زيارة المصدر
موقع الشريك
wikipedia AF