Die Skurweblaarkanniedood (Commiphora edulis subsp. edulis) is 'n boom wat in die bosveld en ruigtes aangetref word. Hulle kom op rotsagtige plekke in die Zambezi- en Limpopovallei voor, en is redelik volop rondom Pafuri in die Krugerwildtuin.
Die boom het saamgestelde blare wat tot 7 cm lank en 3.5 cm wyd is, dun en blink, maar opvallend behaard aan albei kante. Blare word as een tot vier pare en 'n vyfde een (op die punt) aan elke blaarsteel gedra.
Die vrugte is die grootste van die Commiphora spesies (2 x 2.5 cm), gewoonlik in pare gedra, effe langwerpig en simmetries met 'n haarbedekking. Hulle is byna deurskynend wanneer onryp, maar word donkerrooi tot swart en die vlesige deel verdeel in twee wanneer hulle ryp is.

Commiphora edulis là một loài thực vật có hoa trong họ Burseraceae. Loài này được (Klotzsch) Engl. mô tả khoa học đầu tiên năm 1883.[1]
Commiphora edulis là một loài thực vật có hoa trong họ Burseraceae. Loài này được (Klotzsch) Engl. mô tả khoa học đầu tiên năm 1883.