Die klipkreupelbos (Oldenburgia paradoxa Less.) is 'n blomplant wat voorkom in die Wes-Kaap. Op die SANBI-rooilys is die plant as veilig (LC) gelys. Dit is endemies aan Suid-Afrika.[1]
Die plant het 'n ongewone, harde kussingvorm met donkergroen blare wat aan die onderkant wit en dig behaard is. Die kussing kan 30 cm hoog word. Dit kry taankleurige blomhofies van 2,5 cm deursnee.
Dit groei in die hoë bergfynbos van Villiersdorp tot Avontuur.[2]
Die klipkreupelbos (Oldenburgia paradoxa Less.) is 'n blomplant wat voorkom in die Wes-Kaap. Op die SANBI-rooilys is die plant as veilig (LC) gelys. Dit is endemies aan Suid-Afrika.
Die plant het 'n ongewone, harde kussingvorm met donkergroen blare wat aan die onderkant wit en dig behaard is. Die kussing kan 30 cm hoog word. Dit kry taankleurige blomhofies van 2,5 cm deursnee.
Dit groei in die hoë bergfynbos van Villiersdorp tot Avontuur.