Die Banksteenbras (Chirodactylus grandis) is 'n vis wat endemies aan die Suider-Afrikaanse kus is en kom voor vanaf Walvisbaai tot by Port St. Johns. In Engels staan die vis ook bekend as die Bank steenbras.
Die vis se lyf is liggrys en die kop en vinne is donkerder. Daar is gewoonlik 'n rooi strepie voor die oë. Die vis kan tot 1 m lank word.
Die vis verkies rots riwwe van 20 – 150 m diep om in te leef en eet onder andere skaaldiere. Die vis is gesog as 'n eetvis.