dcsimg

Skêrstert ( الأفريكانية )

المقدمة من wikipedia AF

Die Skêrstert (Ptereleotris evides) is 'n vis wat in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika voorkom, vanaf die Rooisee tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Scissortail goby.

Voorkoms

Die vis het 'n lang lyf met die dorsale en anale vinne wat ewe groot en amper identies lyk. Die bekkenvinne is klein en die lyf is bedek met klein skubbetjies. Die kop en bors is blouerig terwyl die agterste helfte van die lyf en die dorsale en anale vinne donkerblou tot swart is. Die sentrale gedeelte van die holronde stert is bleekwit. Die onvolwasse vissies is ligblou van kleur met 'n donkerblou kol by die basis van die onderste lob van die stert. Die vis word tot 13 cm lank.

Habitat

Die vis leef tussen koraal- en rotsriwwe in water wat 2 – 30 m diep is. Die volwasse visse leef in pare saam en die onvolwasse visse leef in skole saam in beskermde kuswater. Hulle vreet soöplankton. Die vis kan oorleef in 'n akwarium, maar nie saam met aggressiewe visse nie.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

ترخيص
cc-by-sa-3.0
حقوق النشر
Wikipedia skrywers en redakteurs
النص الأصلي
زيارة المصدر
موقع الشريك
wikipedia AF

Skêrstert: Brief Summary ( الأفريكانية )

المقدمة من wikipedia AF

Die Skêrstert (Ptereleotris evides) is 'n vis wat in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika voorkom, vanaf die Rooisee tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Scissortail goby.

ترخيص
cc-by-sa-3.0
حقوق النشر
Wikipedia skrywers en redakteurs
النص الأصلي
زيارة المصدر
موقع الشريك
wikipedia AF