dcsimg

Drielint-lipvis ( الأفريكانية )

المقدمة من wikipedia AF

Die Drielint-lipvis (Stethojulis strigiventer) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika van Oman tot by Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Three-ribbon wrasse.

Voorkoms

Die vis se lyf is lank en plat. Die kake is vol snytande en die sylyn buig afwaarts net waar die dorsale vin eindig. Die onvolwasse vissies is liggroen of bruin aan die bokant en daar is 'n patroon soos die van 'n doolhof op die kop. Die skubbe aan die rugkant het twee kolletjies op. Die onderste helfte van die lyf is wit met dowwe strepe op.

Die volwasse vis is groen aan die rugkant met 'n blou streep oor die basis van die dorsale vin. Daar is ook 'n blou streep van die kop, dit begin by die snoet, gaan deur die oog, bokant die pektorale vin verby tot by die stertvin. Daar is ook 'n pienk area vanaf die operkulum tot onder die pektorale vin. Daar is altyd 'n swart kolletjie op die stertvin se basis. Die vis word tot 15 cm groot.

Habitat

Die vis leef in koraal- en rots riwwe, seegrasbeddings en getypoele.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne sakel

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
ترخيص
cc-by-sa-3.0
حقوق النشر
Wikipedia skrywers en redakteurs
النص الأصلي
زيارة المصدر
موقع الشريك
wikipedia AF

Drielint-lipvis: Brief Summary ( الأفريكانية )

المقدمة من wikipedia AF

Die Drielint-lipvis (Stethojulis strigiventer) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika van Oman tot by Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Three-ribbon wrasse.

ترخيص
cc-by-sa-3.0
حقوق النشر
Wikipedia skrywers en redakteurs
النص الأصلي
زيارة المصدر
موقع الشريك
wikipedia AF