Laventel (Lavandula angustifolia), meestal ware laventel of English lavender, alhoewel nie oorspronklik van Engeland nie,[2] voorheen L. officinalis, is 'n blomdraende plant in die familie Lamiaceae. Dit is inheems aan die Mediterreense gebied (bv. Spanje, Frankryk, Italië en Kroasië).
Dit is 'n sterk aromatiese struik wat tot 2 m hoog kan groei. Die blare is immergroen, 2-6 cm lank en 4-6 mm wyd. Die blomme is pienkpers (laventelkleur), en word gedra op spiese 2-8 cm lank aan die bopunt van slanke, blaarlose stamme wat 10-30 cm lank is.
Laventel (Lavandula angustifolia), meestal ware laventel of English lavender, alhoewel nie oorspronklik van Engeland nie, voorheen L. officinalis, is 'n blomdraende plant in die familie Lamiaceae. Dit is inheems aan die Mediterreense gebied (bv. Spanje, Frankryk, Italië en Kroasië).