Portulacaceae is 'n familie van blomdraende plante wat sowat 20 genera met 500 spesies omvat. Hierdie spesies is hoofsaaklik kruidagtige plante en struike wat bykans reg oor die wêreld voorkom. Die grootste diversiteit is in die semi-droë streke van die Suidelike Halfrond in Afrika, Australië en Suid-Amerika.