dcsimg

Sneeuluiperd ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die sneeuluiperd of sneeupanter (Uncia uncia) is ’n kat van middelmatige grootte wat in die berge van Sentraal- en Suid-Asië hou. Die klassifikasie van dié spesie kan verander nadat verdere deeglike studies gedoen is.

Sneeuluiperds hou tussen 3 000 en 5 500 meter bo die seevlak in die rotsagtige berge van Asië. Hulle is baie geheimsinnig en dit is onseker hoeveel van hulle oor is, hoewel dit geskat word op tussen 3 500 en 7 000 in die natuur en tussen 600 en 700 in dieretuine wêreldwyd.[1]

Beskrywing

Sneeuluiperds is kleiner as ander groot katte, maar wissel nes hulle van grootte, tussen 27 en 54 kg. Die lengte van die lyf wissel tussen 75 en 130 cm, met ’n stert van 75 tot 90 persent van die dier se lengte.[2][3] Hulle het ’n lang, dik pels wat wissel van rokerig grys tot gelerig. Anders as ander katsoorte is hul oë dofgroen of grys.[2][3]

Hulle het sekere eienskappe om hulle in die koue te help oorleef. Hulle is fris gebou met ’n dik pels en klein, ronde ore. Hul breë pote help hulle oor die sneeu loop en hul lang sterte help hulle hul balans hou in die bergagtige dele en die diep klowe waaroor hulle spring. Hulle gebruik ook hul sterte om hul gesigte warm te hou.[3][4]

Taksonomie

In die verlede is die sneeuluiperd in die genus Panthera geplaas saam met die ander groter oorlewende Felidae, maar hy is later in sy eie genus, Uncia, geplaas. Daar is gemeen hy is nie na verwant aan die luiperd (Panthera pardus) nie. ’n Onlangse studie het hom egter reg in die genus Panthera geplaas, met sy naaste verwant die tier (Panthera tigris), hoewel sy presiese posisie steeds onduidelik is. Talle bronne beskou dit steeds as Uncia totdat verdere studies gedoen is.[5]

Verwysings

  1. Sneeuluiperdtrust.
  2. 2,0 2,1 Sunquist, Mel; Sunquist, Fiona (2002). Wild cats of the World. Chicago: University of Chicago Press. pp. 377–394. ISBN 0-226-77999-8.
  3. 3,0 3,1 3,2 "Snow Leopard Fact Sheet" (PDF). Snow Leopard Trust. 2008. Besoek op 2008-10-23.
  4. "Snow Leopard profile". National Geographic. 2008. Besoek op 2008-10-23.
  5. Johnson, W.E.; Eizirik, E., Pecon-Slattery, J., Murphy, W.J., Antunes, A., Teeling, E. & O'Brien, S.J. (6 Januarie 2006). “The Late Miocene radiation of modern Felidae: A genetic assessment”. Science 311 (5757): pp73–77. doi:10.1126/science.1122277. Besoek op 2008-10-24.

Eksterne skakels

Crystal txt.png

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia-artikel vertaal

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Sneeuluiperd: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die sneeuluiperd of sneeupanter (Uncia uncia) is ’n kat van middelmatige grootte wat in die berge van Sentraal- en Suid-Asië hou. Die klassifikasie van dié spesie kan verander nadat verdere deeglike studies gedoen is.

Sneeuluiperds hou tussen 3 000 en 5 500 meter bo die seevlak in die rotsagtige berge van Asië. Hulle is baie geheimsinnig en dit is onseker hoeveel van hulle oor is, hoewel dit geskat word op tussen 3 500 en 7 000 in die natuur en tussen 600 en 700 in dieretuine wêreldwyd.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF