dcsimg

Gewone kwikkie ( 南非語 )

由wikipedia AF提供

Die Gewone kwikkie (Motacilla capensis) is 'n klein voëltjie in die familie Motacillidae, wat kwikstertjies, koesters en kalkoentjies insluit. Die spesie kom oor die grootste gedeelte van Suider-Afrika voor, vanaf Angola en Kenia tot in Suid-Afrika.

Die Gewone kwikkie is 'n insekvretende voël wat hoofsaaklik in die oop veld, maar ook in beboude gebiede voorkom. Dit verkies onbeboste gebiede met kort gras waar dit sy prooi kan sien en jaag. In stedelike gebiede is dit aangepas om kos te soek in tuine en op geplaveide areas.

Die spesie soek energiek na insekte op die grond met 'n kenmerkende dobberende beweging van die stert. Voeding is dikwels naby water, insluitend tuindamme. Dit sal paddavisse of klein vissies eet indien die geleentheid hom voordoen.

Die broeipaartjies maak nes in natuurlike skeure en mensgemaakte strukture. Die wyfie lê 1 tot 5 eiers wat deur beide ouers vir 14 dae gebroei word.

Die Gewone kwikkie is 'n klein voëltjie, ongeveer 20 cm in lengte. Dit word gekenmerk aan die langerige, voortdurend wippende stert van die genus. Die volwassene is grysbruin, afgesien van ligte vlerkrante en 'n kort wit wenkbrou. Dit het 'n ligter borskant, met 'n donkergrys band oor die bors. Jong voëls is valer en het 'n geel onderkant.

Verwysings

  1. BirdLife International (2012). "Motacilla capensis". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.2. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.

Sien ook

許可
cc-by-sa-3.0
版權
Wikipedia skrywers en redakteurs
原始內容
參訪來源
合作夥伴網站
wikipedia AF

Gewone kwikkie: Brief Summary ( 南非語 )