dcsimg

Witooievaar ( Afrikaans )

wikipedia AF tarafından sağlandı

Die Witooievaar (Ciconia ciconia) is 'n algemene trekvoël wat voorkom in Suider-Afrika. Die voël is 100 – 120 cm groot en weeg 2.4 – 4 kg. In Engels staan die voël bekend as White Stork.

Fotogalery

Dit is waarskynlik die beroemdste lid van die orde en staan in Suid-Afrika ook bekend as die groot wit sprinkaanvoël. Hulle broei in Europa, maar wanneer die Europese winter aanbreek, verhuis hulle in swerms van 300 of meer na Afrika. In die somermaande kom hulle in groot getalle voor oor die hele Suid-Afrika van die Kaap tot aan die Limpopo, en gevalle is selfs bekend van Witooievaars wat in Suid-Afrika broei.

Aangesien hulle sprinkane, wurms en verskeie insekte vreet, is hulle baie gewild by die boer. In Europa maak hulle nes op die dakke van woonhuise, kerke en ander geboue. In veral Nederland en Duitsland beskou die mense die Witooievaar as 'n gelukbringer. Die voëls was volop in Europa maar het al hoe skaarser in die stede en dorpe geword.

In vlug kan mens hulle onderskei van Reiers omdat hulle met die kop en nek vorentoe gestrek vlieg. Die Reiers (Ardeidae) vlieg met die kop en nek in die vorm van 'n S.

Sien ook

Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Ciconia ciconia

Bronnelys

Verwysings

  1. BirdLife International (2012). "Ciconia ciconia". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
lisans
cc-by-sa-3.0
telif hakkı
Wikipedia skrywers en redakteurs
orijinal
kaynağı ziyaret et
ortak site
wikipedia AF

Witooievaar: Brief Summary ( Afrikaans )

wikipedia AF tarafından sağlandı

Die Witooievaar (Ciconia ciconia) is 'n algemene trekvoël wat voorkom in Suider-Afrika. Die voël is 100 – 120 cm groot en weeg 2.4 – 4 kg. In Engels staan die voël bekend as White Stork.

lisans
cc-by-sa-3.0
telif hakkı
Wikipedia skrywers en redakteurs
orijinal
kaynağı ziyaret et
ortak site
wikipedia AF