Die Wildeperske (Kiggelaria africana) is 'n klein tot middelslagboom. Hulle kom voor in immergroenwoude en op berggrasveld. Dit kom in al die provinsies van Suid-Afrika[1] en in Zimbabwe[2] voor.
Die blare het dikwels klein stippels aan die onderkant wat van die bokant af na knoppe lyk; dit staan bekend as akadoromatia. Die vrugte is skurf en vratterig en is sowat 1.5 cm in deursnee. Die sade is swart en oortrek met 'n klewerige rooi laag. Dié bome is gasheer vir die larwes van Tuinrooitjie-skoenlapper (Acraea horta), wat dikwels in groot getalle voorkom en 'n boom volkome kan ontblaar.
Die Wildeperske (Kiggelaria africana) is 'n klein tot middelslagboom. Hulle kom voor in immergroenwoude en op berggrasveld. Dit kom in al die provinsies van Suid-Afrika en in Zimbabwe voor.
Die blare het dikwels klein stippels aan die onderkant wat van die bokant af na knoppe lyk; dit staan bekend as akadoromatia. Die vrugte is skurf en vratterig en is sowat 1.5 cm in deursnee. Die sade is swart en oortrek met 'n klewerige rooi laag. Dié bome is gasheer vir die larwes van Tuinrooitjie-skoenlapper (Acraea horta), wat dikwels in groot getalle voorkom en 'n boom volkome kan ontblaar.
Jong boompie Manlike blom Loof en vroulike blomme Geslote vrugkapsules Oop vrugkapsule met rooi sade Papie van Tuinrooitjie