dcsimg

Epoulet soldaat ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF

Die Epoulet soldaat (Myripristis kuntee) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika tot by Durban. In Engels staan die vis bekend as die Epaulette soldier.

Identifikasie

Die vis word tot 20cm lank. Dit is lig gekleur met 'n pêrelagtige skynsel. Die skubbe is klein. Daar is 'n kenmerkende donker streep agter die kieu openinge. Die dorsale vinne se rante is geel. Die visse leef rotsagtige kusareas sowel as aflandige riwwe in water wat 2 tot 35m diep is.

Hulle leef in groepies saam wat bedags voor die openinge van grotte of naby skeure in die rots skuil. Snags breek die groep op en elkeen jag soöplankton.

Sien ook

Bronne

  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
licença
cc-by-sa-3.0
direitos autorais
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visite a fonte
site do parceiro
wikipedia AF

Epoulet soldaat: Brief Summary ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF

Die Epoulet soldaat (Myripristis kuntee) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika tot by Durban. In Engels staan die vis bekend as die Epaulette soldier.

licença
cc-by-sa-3.0
direitos autorais
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visite a fonte
site do parceiro
wikipedia AF