Die rooioogtortelduif (Streptopelia decipiens) is 'n redelike algemene standvoël. Die voël hou van boomveld, rivierbos, ruigtes en tuine in halfdorre savanne en kom voor in die noordelike gedeelte van Suider-Afrika.
Die voël is 28 – 30 cm lank en 120 - 200 g groot. In Engels staan die voël bekend as die African mourning dove. Die saadjies in die koorsbessie se vrugte is die gunstelingkos van die rooioogtortelduif.[2]
Volwassene naby Lake Baringo in Kenia.
Rooioogtortelduif in Addis Abeba.
Die rooioogtortelduif (Streptopelia decipiens) is 'n redelike algemene standvoël. Die voël hou van boomveld, rivierbos, ruigtes en tuine in halfdorre savanne en kom voor in die noordelike gedeelte van Suider-Afrika.
Die voël is 28 – 30 cm lank en 120 - 200 g groot. In Engels staan die voël bekend as die African mourning dove. Die saadjies in die koorsbessie se vrugte is die gunstelingkos van die rooioogtortelduif.