Die Bruinmossel (Perna perna) kom voor aan die Suid-Afrikaanse suid- en ooskus. Die mossel se skulp is glad en geelbruin en die seediertjie kom voor in die tussengetysone in rotsagtige gebiede. Die mossel groei in digte kolonies en anker hulself aan rotse met sterk drade wat deur 'n klier in die voet gevorm word. Die mossel word tot 12.5 cm lank. Die mossel word deur seekat, vis en kreef gevreet en is 'n gewilde seekos.