dcsimg
Image of Mangrove red snapper
Creatures » » Animal » » Vertebrates » » Ray Finned Fishes » » Snappers »

Mangrove Red Snapper

Lutjanus argentimaculatus (Forsskål 1775)

Rivier-snapper ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Rivier-snapper (Lutjanus argentimaculatus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Jeffreysbaai. In Engels staan die vis bekend as die River snapper.

Voorkoms

Die vis is groenerig tot rooibruin aan die rugkant en rooierig silwer aan die onderkant. Spesies uit varswater of standmere is gewoonlik donkerder as spesies uit die see. Die rante van die skubbe is silwerig. Die onvolwasse visse het twee blou strepe onder die oë. Die vis word tot 1.2 m lank en weeg dan ten minste 16 kg.

Habitat

Die vis leef in rots en koraalriwwe tot in water wat 120 m diep is. Die onvolwasse visse leef in strandmere en ook in varswater. Die vis is 'n roofvis en vreet visse en skaaldiere. Hulle broei in die lente en somer weg van die kus. Dit is 'n goeie eetvis.

Sien ook

Bron

Verwysings

  1. Bloch M. E., 1790. Naturgeschichte der ausländischen Fische. Berlyn. Naturg. Ausl. Fische v. 4. i-xii + 1-128.
  2. BioLib (en)
  3. Catalogue of Life (en)

Eksterne skakel

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Rivier-snapper: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Rivier-snapper (Lutjanus argentimaculatus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Jeffreysbaai. In Engels staan die vis bekend as die River snapper.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF