Witjies (Pieridae) is ’n familie van skoenlappers in die superfamilie Papilionoidea. Die familie bestaan uit meer as 1000 verskillende spesies, en word meestal aangetref in die Afrotropiese gebied en die suid-oostelike gebiede van Asië. Sommige spesies kom voor in die noordelike gebiede van Noord-Amerika.[1]
Hoewel die naam aandui dat lede van hierdie familie wit is, is dit nie altyd die geval nie. Geel, oranje, rooi en selfs swart witjies kom ook voor. ’n Aantal kenmerke is min of meer algemeen vir die spesies uit die Pieridae-familie:
Witjies (Pieridae) is ’n familie van skoenlappers in die superfamilie Papilionoidea. Die familie bestaan uit meer as 1000 verskillende spesies, en word meestal aangetref in die Afrotropiese gebied en die suid-oostelike gebiede van Asië. Sommige spesies kom voor in die noordelike gebiede van Noord-Amerika.