dcsimg

Maasbanker ( الأفريكانية )

المقدمة من wikipedia AF

Die Maasbanker (Trachurus trachurus) is 'n bekende Kaapse seevis wat verwant is aan die Halfkoord. Die vis kom voor van St. Helenabaai tot by KwaZulu-Natal en word ook in die Noord-Atlantiese Oseaan aangetref. In Engels staan die vis ook bekend as die Maasbanker.

Voorkoms

 src=
'n Vangs maasbankers

Die Maasbanker is groenerig of blouerig bo en silwerig onder en daar is 'n swart kol op die operkulum. Die vis word tot 55 cm groot.

Habitat

Die vis leef in die oop see tot op dieptes van 400 m en kom in groot skole voor. Hulle vreet plankton en gaan snags na die oppervlakte om te vreet. Die onvolwasse vissies word gejag deur die tuna, marlyn, geelstert, dolfyne en voëls. Daar is slegs een populasie in die Suid-Afrikaanse water wat geskei word van die Namibiese populasie deur die opwelling by Lüderitz. Die Suid-Afrikaanse populasie teel aan op die Agulhasbank. Die spesie speel 'n belangrike rol in die Suid-Afrikaanse kommersiële vis bedryf.

Sien ook

Bronne

Eksterne skakel

ترخيص
cc-by-sa-3.0
حقوق النشر
Wikipedia skrywers en redakteurs
النص الأصلي
زيارة المصدر
موقع الشريك
wikipedia AF

Maasbanker: Brief Summary ( الأفريكانية )