dcsimg

Bosoordeelboom ( الأفريكانية )

المقدمة من wikipedia AF

Die bosoordeelboom (Erythrophleum suaveolens) is 'n middelgroot tot groot boom. Dit word langs riviere en in tropiese woude in die Benede-Zambezivallei aangetref.

Dit word van Senegal tot Soedan en Kenia en vandaar tot Zimbabwe en Mosambiek aangetref. Dit groei in vogtige halfbladwisselende woude, galerybosse en bosveld van seevlak tot 1 100 m hoog. Dit is afwesig in immergroenwoude.[1]

Dit is 'n middelgroot boom wat 25 – 30 m hoog kan word en dikwels lae vertakkings het. Die bas het fyn skeurtjies en is grys van kleur. Dit het afwisselende blare; die blaarsteel en -spil kan 35 cm lank word. Die bloeiwyse is 'n okselstandige pluim met piekagtige trosse wat 12 cm lank kan word. Die vrug is 'n plat met 'n effens geboë peul. 5-17 cm x 3-5 cm.[1]

Die bas word dikwels vir medisinale doeleindes gebruik en is in die laat 19de eeu ook na Europa uitgevoer waar dit teen hartsiektes gebruik is. Later is dit deur digitoksien vervang. Die hout van die boom is hard, swaar en duursaam. Die hout se kern is geelbruin of rooibruin en het 'n digtheid van 900 kg/m³ met 'n voggehalte van 12%. Die hout word baie stadig droog en kan vervorm en 5 – 8 % krimp in verskeie rigtings. Wanneer dit droog is, is dit taamlik stabiel. Die hout is moeilik om te saag, maar die hout is bestand teen swamme, termiete en houtboorders.[1]

Bronne

  1. 1,0 1,1 1,2 Timbers 2Lemmens, R.H.M.J., Louppe, D. & Oteng-Amoako, A.A., PROTA, ISBN 9290814950, ISBN 9789290814955, bls. 342ff

Sien ook

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
ترخيص
cc-by-sa-3.0
حقوق النشر
Wikipedia skrywers en redakteurs
النص الأصلي
زيارة المصدر
موقع الشريك
wikipedia AF

Bosoordeelboom: Brief Summary ( الأفريكانية )

المقدمة من wikipedia AF

Die bosoordeelboom (Erythrophleum suaveolens) is 'n middelgroot tot groot boom. Dit word langs riviere en in tropiese woude in die Benede-Zambezivallei aangetref.

Dit word van Senegal tot Soedan en Kenia en vandaar tot Zimbabwe en Mosambiek aangetref. Dit groei in vogtige halfbladwisselende woude, galerybosse en bosveld van seevlak tot 1 100 m hoog. Dit is afwesig in immergroenwoude.

Dit is 'n middelgroot boom wat 25 – 30 m hoog kan word en dikwels lae vertakkings het. Die bas het fyn skeurtjies en is grys van kleur. Dit het afwisselende blare; die blaarsteel en -spil kan 35 cm lank word. Die bloeiwyse is 'n okselstandige pluim met piekagtige trosse wat 12 cm lank kan word. Die vrug is 'n plat met 'n effens geboë peul. 5-17 cm x 3-5 cm.

Die bas word dikwels vir medisinale doeleindes gebruik en is in die laat 19de eeu ook na Europa uitgevoer waar dit teen hartsiektes gebruik is. Later is dit deur digitoksien vervang. Die hout van die boom is hard, swaar en duursaam. Die hout se kern is geelbruin of rooibruin en het 'n digtheid van 900 kg/m³ met 'n voggehalte van 12%. Die hout word baie stadig droog en kan vervorm en 5 – 8 % krimp in verskeie rigtings. Wanneer dit droog is, is dit taamlik stabiel. Die hout is moeilik om te saag, maar die hout is bestand teen swamme, termiete en houtboorders.

ترخيص
cc-by-sa-3.0
حقوق النشر
Wikipedia skrywers en redakteurs
النص الأصلي
زيارة المصدر
موقع الشريك
wikipedia AF