dcsimg

Vingerplant ( الأفريكانية )

المقدمة من wikipedia AF

Die vingerplant of Fatsia japonica (ook Aralia japonica) is ’n spesie blomplante in die familie Araliaceae. Dit is inheems aan Suid-Japan en Suid-Korea.

Die naam "fatsia" kom van die oud-Japannese woord vir "agt" (hachi in moderne Japannees) en verwys na die "agt" lobbe. Die naam "aralia" kom van die genus Aralia wat vroeër ’n breër interpretasie gehad het.

Eienskappe

 src=
Die vrugte van die vingerplant.

Dit is ’n immergroen struik wat sowat 3 tot 6 meter hoog word. Die stewige stamme het min takke. Die groot blare kom in ’n spiraalpatroon voor en word 20 tot 50 cm breed. Dit het 7 tot 9 breë lobbe en lyk soos die vingers aan ’n menslike hand, vandaar die Afrikaanse naam. Die blomme is klein en wit en kom voor in die laat herfs tot vroeë winter, gevolg deur klein, swart vrugte.

Dit is ’n bekende sierplant in warm klimaatstreke waar dit in die winter nie kouer as -15 °C word nie. Daar is ook ’n kultivar met die naam F. japonica 'Variegata'.[1]

Probleme

Van die voorkoms van die blare kan afgelei word of die plant te warm, koud, droog of nat is. Plantluise kan voorkom.[2]

Die sap, wat taai en gomagtig is, kan by sommige mense ’n veluitslag veroorsaak.

Verwysings

  1. "RHS Plant Selector – Fatsia japonica 'Variegata'". Besoek op 19 Junie 2013.
  2. Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0

Eksterne skakels

ترخيص
cc-by-sa-3.0
حقوق النشر
Wikipedia skrywers en redakteurs
النص الأصلي
زيارة المصدر
موقع الشريك
wikipedia AF

Vingerplant: Brief Summary ( الأفريكانية )