dcsimg

Glansende erdslangetjie ( الأفريكانية )

المقدمة من wikipedia AF

Die Glansende erdslangetjie (Leptotyphlops scutifrons) is die algemeenste van die nege spesies erdslangetjies wat in Suider-Afrika voorkom.

'n Glansende erdslangetjie is 'n baie klein, baie dun slangetjie met 'n grys-swart kleur; daar word ook soms na die slangetjie as die "draadslang" verwys. Net soos die erdslange, het die glansende erdslangetjie onderontwikkelde oë, wat as swart vlekkies op sy stomp kop vertoon. Die slang het 'n glansende, silindriese lyf (vandaar die naam), wat met klein, gladde, oorvleulende skubbe aan die rug- en onderkant bedek is. Dit het 'n lang stert met 'n stekelpunt. Glansende erdslangetjies se lengte wissel van 18 tot 24 cm.

Die glansende erdslangetjie word in die noordelike dele van Suider-Afrika aangetref, behalwe in die Namibwoestyn. Dit is 'n grawende slang, maar kan ook waargeneem word in termietneste of onder blaarafval en tussen verrottende plantmateriaal (insluitende verrotte boomstamme), waar dit klein insekte jag.

Die slang se dieet bestaan hoofsaaklik uit mier- en termietlarwes, maar dit vreet ook ander klein insekte. Die wyfie lê telkens 3 tot 7 klein, langwerpige eiers.

Sien ook

Bronnelys

  • Slange (1986), deur Rod Patterson. Eerste uitgawe. Struik uitgewers: Kaapstad. ISBN 0-86977-288-0
  • Die Natuurlewe van Suider-Afrika (2000), deur Vincent Carruthers. Struik uitgewers. ISBN 1-86872-452-2
ترخيص
cc-by-sa-3.0
حقوق النشر
Wikipedia skrywers en redakteurs
النص الأصلي
زيارة المصدر
موقع الشريك
wikipedia AF

Glansende erdslangetjie: Brief Summary ( الأفريكانية )