dcsimg

Boonkruid ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
Satureja montana

Die boonkruid (Satureja) is 'n genus van aromatiese plante van die familie Lamiaceae, wat verwant is aan roosmaryn en tiemie. Dit is inheems aan Noord-Afrika, suidelike en suidoostelike Europa, die Midde-Ooste, en Sentraal-Asië. 'n Paar nuwewêreldspesies is vroeër ingesluit in Satureja, maar hulle is almal verskuif na ander genera. Verskeie spesies word gekweek as kulinêre kruie (savory), en hulle het ook wortel geskiet op 'n paar plekke in die natuur.[1][2]

Beskrywing

Satureja-spesies kan eenjarig of meerjarige plante wees. Hulle is laaggroeiende kruie en struikies, en bereik hoogtes van slegs 15-50 cm.

Die blare is 1-3 cm lank, met blomme in kranse gevorm op die stam, wit tot bleek pienk-pers.

Ekologie en verbouing

Satureja-spesies is voedselplante vir die larwe van 'n paar Lepidoptera (skoenlappers en motte). Ruspes van die mot Coleophora bifrondella voed uitsluitlik op die wintersout (S. Montana).

Die boonkruid kan ook vir ornamentele doeleindes gekweek word; lede van die genus benodig son en goed gedreineerde grond.

Verwysings

Eksterne skakels

Kruie Speserye
AnysBorrieBrandrissie (Cayennepeper) • Dille & dillesaadFenegriekGaram masalaGemmerJenewerbessieKaneelKanferKardamomKarwysaadKerrieKnoffelKomynKoljandersaadMosterdNaeltjiesNeutmuskaatPapawersaadPaprikaPeperwortelPomegranaatSaffraanSassafrasSelderysaadSesamSitrusskilSoethoutSteranysSwartpeperTamarindeVanieljeVinkelWasabiWildeknoffel † • WitpeperWonderpeper
  • † = volledigheidshalwe ingesluit by die lys.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Boonkruid: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= Satureja montana

Die boonkruid (Satureja) is 'n genus van aromatiese plante van die familie Lamiaceae, wat verwant is aan roosmaryn en tiemie. Dit is inheems aan Noord-Afrika, suidelike en suidoostelike Europa, die Midde-Ooste, en Sentraal-Asië. 'n Paar nuwewêreldspesies is vroeër ingesluit in Satureja, maar hulle is almal verskuif na ander genera. Verskeie spesies word gekweek as kulinêre kruie (savory), en hulle het ook wortel geskiet op 'n paar plekke in die natuur.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF