dcsimg

Skoorsteenveër ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
Threskiornis aethiopicus

Die skoorsteenveër (Threskiornis aethiopicus) is 'n groot voël (lengte 64–82 cm; gewig 1.5 kg), wat wydverspreid in Afrika voorkom. In Engels staan die voël bekend as die African sacred ibis.

Die heilige voël van die Egiptenare, waar dit "die vader van die sekel" genoem is, omdat dit in duisende op landerye na oorstromings deur die Nylrivier voorgekom het en as 'n aanduiding van 'n goeie oesjaar beskou was. Waterinsekte, paddas, visse, sprinkane, ensovoorts is hulle kos. Die naam skoorsteenveër het hy gekry vanweë sy gewoonte om die binnegoed van dooie diere uit te skraap.

Identifikasie

Die kop en nek is veerloos en swart van kleur. Die vlerke en rug is wit met 'n swart stert.

Habitat

Damme, vleigebied, panne en moerasagtige areas. Hulle sal ook op vuilgoedhope gevind word waar hulle aas na oorskietkos.

Verspreiding

 src=
Antieke Egiptiese beeld van 'n skoorsteenveër in die Kopenhagen-Museum

Skoorsteenveërs kom voor in Afrika suid van die Sahara, suid-Irak en (voorheen) in Egipte. Hulle is daarnaas ook eksoties ingevoer in Wes-Europa en Amerika.

Voortplanting

Skoorsteenveërs maak nes in boomkolonies, gewoonlik met ander waadvoëls soos reiers. Hulle bou neste van stokke, soms in 'n kremetartboom, en lê 2 tot 3 eiers.

Suid-Afrikaanse voëls

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Skoorsteenveër: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= Threskiornis aethiopicus