dcsimg

Swartwildebees ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
'n Swartwildebees op galop in die Kliprivier Natuurreservaat, Johannesburg.

Die swartwildebees (Connochaetes gnou) is 'n groot wildsbok wat in die hoë velde van Suider-Afrika voorkom. Die spesie het uitsterwing in die gesig gestaar, maar bevolkings in privaat gebiede en natuurreservate het na 1994 met sukses toegeneem.

Volwasse swartwildebeeste het 'n gemiddelde massa van 180 kg en 'n hoogte van 120 cm. Hulle lyk baie op die blouwildebees, maar is ietwat kleiner en het 'n wit stert. Die bulle het horings wat tot 68 cm lank kan word.

Die koei is vir 8 tot 8,5 maande dragtig, waarna 'n enkele kalfie gebore word. Swartwildebeeste het 'n moontlike lewensduur van 20 jaar.

Sien ook

Verwysings

  1. (en) IUCN SSC Antelope Specialist Group (2008) Connochaetes gnou In: IUCN 2010. IUBN-rooilys van veilige spesies. Weergawe 2010.2. www.iucnredlist.org Besoek op 28 Augustus 2010.
  2. (en) von Richter, W. (1974). “Connochaetes gnou”. Mammalian Species (50): 1–6.

Bronnelys

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Swartwildebees: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= 'n Swartwildebees op galop in die Kliprivier Natuurreservaat, Johannesburg.