dcsimg

Grootskub-akkedisvis ( الأفريكانية )

المقدمة من wikipedia AF

Die Grootskub-akkedisvis (Saurida undosquamis) is 'n vis wat voorkom in die gematigde waters van die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooisee tot by Knysna. In Engels staan die vis bekend as die Largescale lizardfish.

Voorkoms

Die vis se kop en lyf is bruin aan die bokant. Daar is 8-10 dowwe donker vertikale strepe oor die lyf; die strepe strek van die rug tot by die sylyn. Daar is ook 'n ry swart kolle op die voorste rante van die dorsalevin en stertvin se boonste lob. Die vis word tot 53 cm groot.

Habitat

Die vis leef op sanderig en rots bodems in water wat tot 200 m diep is. Hulle vermy strandmere en vreet vis en skaaldiere. Dit is nie 'n gewilde eetvis nie maar word gebruik as aas.

Sien ook

Bron

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
ترخيص
cc-by-sa-3.0
حقوق النشر
Wikipedia skrywers en redakteurs
النص الأصلي
زيارة المصدر
موقع الشريك
wikipedia AF

Grootskub-akkedisvis: Brief Summary ( الأفريكانية )