dcsimg

Takbokvaring ( 南非語 )

由wikipedia AF提供

Takbokvarings is ’n groep van sowat 18 varings van die genus Platycerium in die familie Polypodiaceae. Hulle word so genoem vanweë die unieke vorm van hul blare.

Eienskappe

 src=
Platycerium superbum.

Die varings is epifiete, of lugplante, en word natuurlik aangetref in die tropiese en gematigde streke van Suid-Amerika, Afrika, Suidoos-Asië, Australië en Nieu-Guinee.[1] Hulle kan tot ’n meter breed word.

Volgroeide Platycerium-sporofiete het rosetvormige wortels wat uit ’n kort risoom groei met twee soorte blare, bodemstandige en vrugbare blare. Eersgenoemde is stiriel en skild- of niervormig. Hulle lê plat teen die boomstam en beskerm die varing se wortels. In sommige spesies vorm die boonste blare ’n oop kom waarin die plant water en afval opvang.

Vrugbare blare dra spore aan die onderkant, is tweeledig of horingvormig en steek of hang uit die risoom.

Platycerium het in vier natuurlike groepe verdeel.

Spesies

Net twee spesies kan as huisplante gebruik word: Platycerium bifurcatum, wat ideel is vir ’n hangmandjie, en Platycerium grande 'Queen Wilhelmina', wat ’n groot mantelblaar het en moeiliker is om te kweek.[2]

Ander spesies is:

  • Platycerium andinum
  • Platycerium alcicorne
  • Platycerium coronarium
  • Platycerium elephantotis
  • Platycerium ellisii
  • Platycerium hillii
  • Platycerium holttumii
  • Platycerium madagascariense
  • Platycerium quadridichotomum
  • Platycerium ridleyi
  • Platycerium stemaria
  • Platycerium superbum
  • Platycerium veitchii
  • Platycerium wallichii
  • Platycerium wandae
  • Platycerium wilhelminae-reginae
  • Platycerium willinkii

Probleme

As die plant te droog of nat is, sal die blare verwelk of verrot en afval. Dopluise kan ook voorkom.

Verwysings

  1. Hennipman, E. (1982). A monograph of the fern genus Platycerium (Polypodiaceae). Verhandelingen der Koninklijke Nederlandse Akademie van Wetenschappen, Afd. Natuurkunde. Tweede reeks. Amsterdam ; New York: North-Holland. ISBN 0-444-85569-6.
  2. Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0
  • Holtum, Joseph A.M. (1999-01-01). “Degrees of crassulacean acid metabolism in tropical epiphytic and lithophytic ferns”. Functional Plant Biology 26 (8): 749–757.

Eksterne skakels

許可
cc-by-sa-3.0
版權
Wikipedia skrywers en redakteurs
原始內容
參訪來源
合作夥伴網站
wikipedia AF

Takbokvaring: Brief Summary ( 南非語 )

由wikipedia AF提供

Takbokvarings is ’n groep van sowat 18 varings van die genus Platycerium in die familie Polypodiaceae. Hulle word so genoem vanweë die unieke vorm van hul blare.

許可
cc-by-sa-3.0
版權
Wikipedia skrywers en redakteurs
原始內容
參訪來源
合作夥伴網站
wikipedia AF