Die Septeeboom (Cordia caffra) is 'n boom wat merendeels as 'n struik groei maar word 'n middelgroot boom op die rante van woude. Hulle aard nie in woude nie want hulle het genoegsame lig nodig om te groei. Die spesie kom voor vanaf die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Mpumalanga tot by Limpopo.
Die blare is enkelvoudig, afwisselend en word op lang, dun blaarstele gedra. Die boom het 'n welriekende, wit, klokvormige blom van sowat 10 cm lank. Die vrug is 1.2 cm in deursnee en is oranje wanneer dit ryp is. Die vrug word omsluit deur die blomkelk wat dikwels aan die boom bly nadat die vrug afgeval het.
Die bas is glad en lyk asof dit geverf of vernis is - kenmerkend van die boom. Die bas skilfer ook onreëlmatig af sodat dit herinner aan 'n Lekkerbreek of Koejawelboom.
Die Septeeboom (Cordia caffra) is 'n boom wat merendeels as 'n struik groei maar word 'n middelgroot boom op die rante van woude. Hulle aard nie in woude nie want hulle het genoegsame lig nodig om te groei. Die spesie kom voor vanaf die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Mpumalanga tot by Limpopo.
Cordia caffra là loài thực vật có hoa trong họ Mồ hôi. Loài này được Sond. mô tả khoa học đầu tiên năm 1850.[1]
Cordia caffra là loài thực vật có hoa trong họ Mồ hôi. Loài này được Sond. mô tả khoa học đầu tiên năm 1850.