dcsimg

Waterdikkop ( 南非語 )

由wikipedia AF提供

Die waterdikkop (Burhinus vermiculatus) is 'n lid van die dikkopfamilie en 'n nagvoël, nes ander lede van die familie, maar meer aktief oordag as die ander dikkoppe. Dit kan oordag naby die oewers van riviere en mere gesien word, waar die voëls se natuurlike kamoeflering hulle byna onsigbaar maak tussen die rotse.

Identifikasie

Hierdie voël is kleiner as die Gewone dikkop. 'n Volwasse waterdikkop het 'n algemene lengte van ongeveer 41 cm en weeg ongeveer 270g. Die voël het 'n bruin kop met geel oë, 'n swart snawel en wit keel. Sy rug is ook bruin en sy bene grys van kleur. Die voël het 'n gehunkerde postuur.

Verspreiding

Waterdikkoppe kom algemeen in Afrika voor: Suid van 5°N van Liberië tot Suid-Somalië tot by Suid-Afrika. Hulle kom egter nie voor in die suidwestelike woestyngebiede van hierdie area nie.

Habitat

Die voëls word oor die algemeen in moerasagtige gebiede en naby mere en riviere aangetref. Die voëls word selde alleen aangetref en verskyn oor die algemeen in pare of in 'n swerm.

Voortplanting

Waterdikkoppe is monogaam, maar indien die maat van 'n waterdikkop sterf, sal hy of sy 'n nuwe maat soek. Hul neste word in die grond gebou waarin die wyfie tipies 1 tot 3 roomkleurige eiers sal lê.

Dieet

Waterdikkoppe vreet meestal insekte en ander ongewerweldes, asook klein water goggas.

Geluid

Die klaende, fluitende roep van die waterdikkop kan snags gehoor word.

Ander name

  • Engelse naam: Water Thick-knee (Dikkop)
  • Wetenskaplike naam: Burhinus vermiculatus

Sien ook

Bronnelys

Eksterne skakels

許可
cc-by-sa-3.0
版權
Wikipedia skrywers en redakteurs
原始內容
參訪來源
合作夥伴網站
wikipedia AF

Waterdikkop: Brief Summary ( 南非語 )

由wikipedia AF提供

Die waterdikkop (Burhinus vermiculatus) is 'n lid van die dikkopfamilie en 'n nagvoël, nes ander lede van die familie, maar meer aktief oordag as die ander dikkoppe. Dit kan oordag naby die oewers van riviere en mere gesien word, waar die voëls se natuurlike kamoeflering hulle byna onsigbaar maak tussen die rotse.

許可
cc-by-sa-3.0
版權
Wikipedia skrywers en redakteurs
原始內容
參訪來源
合作夥伴網站
wikipedia AF