Die Haselaar (Corylus avellana) is 'n genaturaliseerde struik in wes-Europa.
Die haselaar is soos die Forsythia 'n "naakbloeier"; bloeisels verskyn voor blare en is afhanklik van windbestuiwing. Manlike en vroulike bloeiwyses sit apart. Manlike blommetjies is reeds in die somer aanwesig in die blaaroksels. Hulle begin net na midsomer oopgaan. Vroulike blommetjies sit drie tot vier in 'n klein knoppie bymekaar. Wanneer hule oopgaan is slegs die rooi style met stampers te sien. Die haselaar word tot 6 m hoog en kan tien jaar neem om vrugte te dra. Geënte struike word egter beskikbaar gestel wat reeds na drie jaar vrugte dra.
Daar is verskeie haselneutkultivars vir produksie van groot neute gekweek. Hierdie kultivars is geoptimaliseer vir neutproduksie en vir neute met min vliesbedekking en is voortgebring uit kruisteling van diverse Corylus-soorte. Die klein neutjies van die haselaar smaak egter beter.
Haselneute word deur voëls versprei. Die sade ontkiem en kom op aan bosrande. Verder versprei die haselaar homself deur worteluitlopers. 'n Ondersoek deur Frans Vera het aangetoon dat die haselaar se verspreiding ooreenkom met 'n omgewing van groot weidiere se mis. Die haselaar gedy ook op 'n minder vrugbare bodem.
Hasel kom van die Angelsakserse haes. Dit beteken 'beveel' aangesien die haselaarsstaf vroeër 'n teken van gesag was. Corylus is afgelei van die Griekse korys wat helm beteken, 'n beskrywing van die vrughuls.
Die volgende kultivars word as 'n reël in wes-Europa aangeplant:
Die haselneutknopmyt veroorsaak dat die knoppe baie dik opswel en afsterf. Die boom word ook beskadig deur die haselneutboorder. Hierdie kewer lê eiertjies in die jong haselneute waar die larwes die vrugvlees opvreet. Die blaarsnuitkewer vreet die blaar en rol dit op.
Die Haselaar (Corylus avellana) is 'n genaturaliseerde struik in wes-Europa.