dcsimg

Strandwolf ( Afrikaans )

wikipedia AF tarafından sağlandı

Die strandwolf, strandjut, of bruin hiëna (Hyaena brunnea) is 'n hiëna wat hoofsaaklik in die Kalahari en Namibwoestyne van suidelike Afrika voorkom. 'n Volwasse strandwolf het 'n gemiddelde massa van 65 kg en 'n hoogte van ongeveer 70 cm.

 src=
'n Klein strandwolfwelpie.

Dit is hoofsaaklik 'n aasdier, maar sal ook klein diertjies jag. Omdat voedsel in die woestyn skaars is, eet strandwolwe ook soms vrugte en vang soms ook robwelpies langs die kus van Namibië. Strandwolwe is dikwels die slagoffers van leeus en gevlekte hiënas, wanneer hulle te naby aan dié diere se prooi kom. Die strandwolf het 'n moontlike lewensduur van 24 jaar.

Strandwolwe is snags aktief en bly oordag in gate in die grond. Soms grawe hulle die gate self (tot 150 cm diep), maar hulle gebruik ook erdvarke se gate of natuurlike gate wat tussen rotse voorkom.

Die wyfie is 3 maande dragtig en gee telkens aan 2 tot 4 kleintjies geboorte.

Sien ook

Bronnelys en verwysings

  1. Wiesel, I., Maude, G., Scott, D. & Mills, G. (2008). Hyaena brunnea. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 13 May 2009. Databasis inskrywing gee kort verdediging hoekom hierdie spesie naby-bedreigd is.
  • Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. ISBN 0-86953-027-5.
lisans
cc-by-sa-3.0
telif hakkı
Wikipedia skrywers en redakteurs
orijinal
kaynağı ziyaret et
ortak site
wikipedia AF

Strandwolf: Brief Summary ( Afrikaans )

wikipedia AF tarafından sağlandı

Die strandwolf, strandjut, of bruin hiëna (Hyaena brunnea) is 'n hiëna wat hoofsaaklik in die Kalahari en Namibwoestyne van suidelike Afrika voorkom. 'n Volwasse strandwolf het 'n gemiddelde massa van 65 kg en 'n hoogte van ongeveer 70 cm.

 src= 'n Klein strandwolfwelpie.