dcsimg

Congiopodidae ( Afrikaans )

wikipedia AF tarafından sağlandı

Die Perdvisse (Congiopodidae) is 'n familie van visse wat hoort tot die orde Scorpaeniformes. Daar is vier genera met sewentien spesies in die familie. Twee van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke

Die familie se lywe is lank met 'n prominente dorsale vin wat reg bo die oë begin en strek tot by die stert. Die voorkop is konkaaf met 'n kenmerkende snoet. Die pektorale vinne sit laag op die lyf en is nie sterk nie. Daar is weinige skubbe op die lyf. Die familie word 45 – 76 cm groot. Die familie leef in rotsriwwe en sanderige bodems in water wat 10 – 500 m diep is. Hulle vreet skaaldiere, slakke en wurms. Hulle is gewoonlik alleenswemmers.

Genus

Die volgende genus en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

  • Congiopodus

Sien ook

Bron

lisans
cc-by-sa-3.0
telif hakkı
Wikipedia skrywers en redakteurs
orijinal
kaynağı ziyaret et
ortak site
wikipedia AF

Congiopodidae: Brief Summary ( Afrikaans )