dcsimg

Bosveldkwarteltjie ( Afrikaans )

wikipedia AF tarafından sağlandı

 src=
Skildery deur John Gould
 src=
Turnix sylvaticus

Verspreiding

Die Bosveldkwarteltjie (Turnix sylvaticus) is 'n standvoël wat in Suider-Afrika voorkom, behalwe in die Wes- en Oos-Kaap, suid- en sentraal-Vrystaat en suid-KwaZulu-Natal. In Engels staan die voël bekend as die Common buttonquail.

Die voël leef van insekte en saadjies en woon op hoë grasvelde, ou landerye en oop savanne van die bosveld.

Identifikasie

Hierdie klein kwarteltjie is werklik moeilik om raak te sien, aangesien hy bly sit in sy wegkruipplek en op die laaste oomblik laag sal opvlieg om te vlug. Hy het gestreepte sandbruin bo-dele, 'n dowwe onderkant, swart flankmerke en 'n vaal gesig. Die twee geslagte lyk eenders, maar jongelinge het meer kolletjies aan die onderlyf.

Die hennetjie roep met 'n diep "hoem-hoem-hoem" en die mannetjie antwoord met "kêk-kêk-kêk".

Voortplanting

Die hennetjie begin die vlerksleepproses en bou dan 'n nessie op die grond. Die nessie is 'n klein pakkie gras wat in 'n natuurlike holte geplaas word. Die haantjie bebroei die gespikkelde eiers wat gewoonlik vier is; en versorg die kuikens, wat kan hardloop sodra hulle uitgebroei het. Die broeiseisoen is van Junie tot September.

Sien ook

Verwysings

  1. BirdLife International (2012). "Turnix sylvaticus". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
lisans
cc-by-sa-3.0
telif hakkı
Wikipedia skrywers en redakteurs
orijinal
kaynağı ziyaret et
ortak site
wikipedia AF

Bosveldkwarteltjie: Brief Summary ( Afrikaans )

wikipedia AF tarafından sağlandı
 src= Skildery deur John Gould  src= Turnix sylvaticus
lisans
cc-by-sa-3.0
telif hakkı
Wikipedia skrywers en redakteurs
orijinal
kaynağı ziyaret et
ortak site
wikipedia AF