dcsimg
Imagem de Euryops chrysanthemoides (DC.) B. Nordenst.
Life » » Archaeplastida » » Angiosperms » » Asteraceae »

Euryops chrysanthemoides (DC.) B. Nordenst.

Geelmadeliefiebos ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF

Die geelmadeliefiebos (Euryops chrysanthemoides)[1] is 'n klein struik wat inheems aan Suider-Afrika is. In Engels staan dit as die African bush daisy bekend.

Dit is 'n kompakte, digvertakte, blaaragtige, immergroen struik, wat 0,5 tot 2 m hoog word.

Verspreiding

Dit kom algemeen in die Oos-Kaap voor, langs die kus en in die binneland, in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en eSwatini. Dit word gewoonlik aangetref aan woudrande, in oewerbos, in klowe, grasvelde, versteurde gebiede en in kusgebiede.

Verder word dit ook in tuine in tropiese tot subtropiese streke dwarsoor die wêreld aangeplant.[2]

Klassifikasie

Die spesie is op grond van sy chromosoomgetalle uit die genus Gamolepisna na die genus Euryops verskuif.[3]

Dit word as 'n onkruid in Nieu-Suid-Wallis beskou.[4]

Verwysings

  1. "Euryops chrysanthemoides (DC.) B. Nord". SANBI. Besoek op 27 Mei 2017.
  2. Gilman, Edward F.; Linda Landrum (Oktober 1999). "Gamolepis chrysanthemoides Fact Sheet FPS-220" (PDF). University of Florida Cooperative Extension Service Institute of Food and Agricultural Sciences. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 24 Mei 2006. Besoek op 27 Mei 2017.
  3. Ornduff, Robert (Februarie 1963). “Chromosome Numbers in Compositae. III. Senecioneae”. American Journal of Botany 50 (2): 131–139. doi:10.2307/2439846.
  4. Harden, Gwen J.; editor (1993). Flora of New South Wales. University of New South Wales Press. ISBN 0-86840-172-2.
licença
cc-by-sa-3.0
direitos autorais
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visite a fonte
site do parceiro
wikipedia AF

Geelmadeliefiebos: Brief Summary ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF

Die geelmadeliefiebos (Euryops chrysanthemoides) is 'n klein struik wat inheems aan Suider-Afrika is. In Engels staan dit as die African bush daisy bekend.

Dit is 'n kompakte, digvertakte, blaaragtige, immergroen struik, wat 0,5 tot 2 m hoog word.

licença
cc-by-sa-3.0
direitos autorais
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visite a fonte
site do parceiro
wikipedia AF