Die Israelse kurper (Oreochromis aureus) is 'n varswatervis wat op die Kaapse Vlakte, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal voorkom. Die natuurlike gebied waar die vis voorkom is Israel, die onderste gedeelte van die Nylrivier, die Tjadmeer en die Niger- en Sénégalrivier. In Engels staan die vis bekend as die Israeli tilapia. Hierdie vis is reeds gedurende 1910 in Suid-Afrika vrygelaat.
Die mannetjies het gedurende die broeityd 'n helder blou kop met 'n blouswart ken en keel. Die stertvin is pienkerig. Die vis word tot 30 cm lank en die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 1,85 kg.