Die spieshert (Mazama) is ’n genus van herte. Hulle is medium tot klein en word in die Yucatan-skiereiland, Sentraal- en Suid-Amerika en die eiland Trinidad aangetref. Die meeste spesies kom in woude voor. Hulle lyk soos die duiker van Afrika en die moentjak van Asië, maar is nie verwant nie. Daar is nege spesies.
Die genusnaam is afgelei van die Sentraal-Mexikaanse woord mazame, die meervoud van mazatl, "hert".[1]
Die spieshert is klein tot medium, na gelang van die spesie, met stewige lywe en groot ore. Die lengte sonder die stert is 60 tot 144 cm, die skouerhoogte 35 tot 80 cm en die gewig 8 tot 48 kg. Die buitengewoon groot M. americana kan egter tot 65 kg weeg.[2][3] As hulle gewei (horings) het, is dit klein en eenvoudig.[2] Die pels wissel van rooierig of bruin tot grys.
Die taksonomie van die Mazama-spesies het in die afgelope dekade aansienlik verander. Tot 1999 is net vier erken:[2] M. americana, M. gouazoubira, M. rufina en M. chunnyi. Verskeie subspesies is intussen verhef tot volwaardige spesies sodat daar nou nege erken word in Mammal Species of the World (2005):[4]
Die spesies kan rofweg in vier groepe verdeel word volgens grootte, kleur en habitat:
Die spieshert (Mazama) is ’n genus van herte. Hulle is medium tot klein en word in die Yucatan-skiereiland, Sentraal- en Suid-Amerika en die eiland Trinidad aangetref. Die meeste spesies kom in woude voor. Hulle lyk soos die duiker van Afrika en die moentjak van Asië, maar is nie verwant nie. Daar is nege spesies.
Die genusnaam is afgelei van die Sentraal-Mexikaanse woord mazame, die meervoud van mazatl, "hert".