dcsimg

Cryptosporidium ( Afrikaans )

fornì da wikipedia AF

Cryptosporidium is 'n genus van eensellige eukariote sporosoë wat as parasiete warmbloedige diere en ook die mens besmet en die siekte kriptosporidiose veroorsaak.

Die genus tel talle spesies waarvan C. parvum, C. hominis, C. felis, C. meleagridis, C. canis en C. muris as parasiete by die mens aangetref is.

Lewensloop

 src=
Lewensloop

Oösiste met 'n dik wand besmet water deur diere se uitwerpsel. Die water of besmette kos word ingesluk en die sporosoïete word uit die siste vrygestel. Hulle dring die epiteelselle van die dermstelsel binne, hoewel hulle ook die longe se epiteel kan besmet. In hierdie selle plant hulle aseksueel voort. Daarna vorm hulle mikro- en makrogamonte wat die manlike en vroulike selle genoem kan word. Hulle versmelt om seksuele voortplanting te bewerkstellig. Die sigote vorm twee vorms van oösiste: dunwandige wat die gasheer opnuut besmet en dikwandige wat uitgeskei word.[1]

Verwysings

licensa
cc-by-sa-3.0
drit d'autor
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visité la sorgiss
sit compagn
wikipedia AF

Cryptosporidium: Brief Summary ( Afrikaans )