dcsimg

Dikbas ( Afrikaans )

fornì da wikipedia AF

Die Dikbas (Lannea discolor) 'n bladwisselende bosveldboom van middelgrootte wat aan die familie van mango-agtiges (Anacardiaceae) behoort. Die stam is glad en grys en sy naam verwys letterlik na die dik bas wat die vaatbondels teen veldbrand beskerm.[2]

Die boom lyk baie soos die valsmaroela en het 'n soortgelyke verspreidingsgebied. Dit word van die DRK aangetref tot in Zambië, Zimbabwe, Suid-Afrika en eSwatini. In Zimbabwe staan dit as gangacha bekend. Die Engelse naam is live-long.[3]

Die blare is saamgestel met twee tot vyf paar teenoorstaande blaartjies. Dit het 'n gryserige onderkant. Die blommetjies is klein, roomkleurig en soet gegeur op verlengde blomtakkies. Dit verskyn in die lente net voor die blare. Die vruggies is vlesig, ovaalvormig en verskyn in die laat lente en somer.

Bronne

  1. Hyde, Mark; et al. "Lannea discolor (Sond.) Engl". Flora of Zimbabwe. zimbabweflora.co.zw. Besoek op 5 Mei 2013. Explicit use of et al. in: |first= (help)
  2. Raad oor varkore en dikbas, Beeld, 11 Maart 2005
  3. Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 173. ISBN 978-1-77007-759-1.

Sien ook

licensa
cc-by-sa-3.0
drit d'autor
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visité la sorgiss
sit compagn
wikipedia AF

Dikbas: Brief Summary ( Afrikaans )

fornì da wikipedia AF

Die Dikbas (Lannea discolor) 'n bladwisselende bosveldboom van middelgrootte wat aan die familie van mango-agtiges (Anacardiaceae) behoort. Die stam is glad en grys en sy naam verwys letterlik na die dik bas wat die vaatbondels teen veldbrand beskerm.

Die boom lyk baie soos die valsmaroela en het 'n soortgelyke verspreidingsgebied. Dit word van die DRK aangetref tot in Zambië, Zimbabwe, Suid-Afrika en eSwatini. In Zimbabwe staan dit as gangacha bekend. Die Engelse naam is live-long.

Die blare is saamgestel met twee tot vyf paar teenoorstaande blaartjies. Dit het 'n gryserige onderkant. Die blommetjies is klein, roomkleurig en soet gegeur op verlengde blomtakkies. Dit verskyn in die lente net voor die blare. Die vruggies is vlesig, ovaalvormig en verskyn in die laat lente en somer.

 src= Bas  src= Loof  src= Lenteloof
licensa
cc-by-sa-3.0
drit d'autor
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visité la sorgiss
sit compagn
wikipedia AF